Ek verlang na jou, geboorteplasie...
Na die liefde van 'n Moeder wat daar wag
Deur die jare moes ek swerf in die vreemde
ver van haar glimlag-oë so sag.
Ek sien 'n graf - alleen, verlate
van ons Vader wat so roep in 'n droom.
O my Moeder, hoe hy waak in die stilte
waar sy kniel by die ou akkerboom...
Ek kom terug, geboorteplasie,
terug na jou, en die huisie aan die vlei.
My hart is bly, my dierb're Moeder!
Daar voel ek tuis, die wêreld vry.
Daar voel ek tuis, die wêreld vry.