Ek slaan my oë na die hemel op
Binne my is 'n hart wat klop
Vir Jesus, vir Jesus
Die wêreld bly 'n gejaag na wind
Maar in Hom het ek als gevind
My rede, my lewe
Hy's die antwoord, Hy is krag
Hy is uitkoms elke dag
My Heer ek weet U is in beheer
Wooah (Jesus)
U is genoeg vir my (Jesus)
U is genoeg vir my
U is als wat ek nodig het
Wooah (Jesus)
Al het ek als verloor (Jesus)
Al bly daar niks meer oor
In U kan ek ewig bly
Jesus U is genoeg vir my
In hierdie lewe wil ek nie
Skatte bymekaar maak nie
My rykdom is in Hom
Hy bring lig waar dit donker is
Hy maak heel wat stukkend is
Hy ken my, Hy hoor my
Hy's die antwoord, Hy is krag
Hy's die uitkoms elke dag
My Heer ek weet U is in beheer
Wooah (Jesus)
U is genoeg vir my (Jesus)
U is genoeg vir my
U is als wat ek nodig het
Wooah (Jesus)
Al het ek als verloor (Jesus)
Al bly daar niks meer oor
In U kan ek ewig bly
Al raak ek soms so moedeloos
Weet ek U is eindeloos
Niks kan my van U liefde skei
Wooah
U is genoeg vir my
U is genoeg vir my
U is als wat ek nodig het
Wooah
Al het ek als verloor
Al bly daar niks meer oor
In U kan ek bly
Wooah (Jesus)
U is genoeg vir my (Jesus)
U is genoeg vir my
U is als wat ek nodig het
Wooah (Jesus)
Al het ek als verloor (Jesus)
Al bly daar niks meer oor
In U kan ek ewig bly
Jesus U is genoeg vir my
Jesus U is genoeg vir my